Ek is terug na n wonderlike uitreik in Laos waar ons kon evangeliseer en ook lering gee. Dit was n baie interressante tyd in alle opsigte! Die aand voor ek en n Thai pastoor vertrek het, kon ek net nie slaap nie en het seker so uur kon oe toemaak. Ons is 5 uur die oggend voort met ons motorfietse op ons eerste dag van 12 ure ry. Dit het sowat 2 ure gevat om deur die grensposte te gaan en was dankbaar dat hul nie ons bagasie deursoek het nie. Dit is nou reen seisoen in Asia en ons het van die begin af reen gekry.
By die aankoms in Luang Prabang het ons onmiddelik begin lering gee aan die ondergrondse kerk en ek was bevoorreg om baie getuienisse aan te hoor oor die vervolging in Laos maar ook hoe Jesus hulle bystaan. Wat my getref het, was dat al die stories nuut was. Als wat onlangs gebeur het. Die pyn, trane, seer en vervolging wat Christene moet deurmaak (selfs jong bekeerlinge) het my hard geruk. Baie word onmiddelik uitgedryf uit hul “village” deur die Buddhists en moet soms vlug aangesien skares hul huise aan die brand steek.
Ek het soms so plasties gevoel om hul harte, doelgerigtheid en deursettings vermoe waar te neem. Mense wat dankbaar is vir n Bybel of lering of gebed. Mense wat stukkend is maar vol hoop en blydskap dat hul Jesus kan ken.
Heelwat mense het vir ons gebid om geen reen te he op ons pad terug nie en ons Vader het die gebede aangehoor en ons het geen reen ervaar op ons pad terug nie, alle eer aan ons Vader. Die oomblik toe ek terug is in Chiang Mai het dit weer gestort reen.
Die innerlike satisfaksie wat ek ervaar het deur die meer as n week in Laos is onbeskrywend. Ek is ook nou in n amper daaglikse kommunikasie met van die pastore in Laos en was ook bevoorreg om 3 van hulle met nuwe leer bybels te bless. Ons bid net dat die saad wat daar geplant is sal menigvuldig. Isaiah 55:11 so is my word that goes out from my mouth: It will not return to me empty, but will accomplish what I desire and achieve the purpose for which I sent it.
Jono het ook nou n leierskap posisie aanbod aanvaar en is self baie besig met sy verantwoordelikhede. Hy is steeds in beheer oor evangelisasie in Chiang Mai maar het nou adisionele verantwoordelikhede vir YWAM. Hy en Sara sal volgende week Bangkok toe gaan vir ons jaarlikse YWAM Thailand byeenkoms/konferensie. Ek het so bietjie “overspend” op die Laos trip en sal dit hierdie jaar moet n mis gee.
Ek wil net weereens noem en jul harte laat verbly dat Christenskap groei op n fenomenale spoed en daar nie n land is wat die Here nie besig is om aan te raak nie. Die herlewing in Asia is astronomies maar so is die vervolging ook. Thailand is steeds een van die lande met die kleinste persentasie Christene maar met n redelike vinnige groei maar ongelukkig net in sekere areas. Die groei het net in 3500 villages gebeur en daar is 80 677 villages in Thailand. Daar was net 5 kerke hier in 1870 en in 2016 is daar 5097.
Nou het my nuusbrief bietjie te lank geword maar ons wil net baie baie dankie se vir al jul liefde, omgee en gebede. Daar is nie nou gou sprake om SA toe te kom nie maar ons kommunikeer darem met Dawie hulle op Skype en dis wonderlik om te sien hoe my klein seun groei en hoe vriendelik hy is. Ons vertrou wel om Februarie se kant soontoe te kom as die Here dit so bestem!
Gebeds versoeke:
Bid asb dat die Here n herlewing in Thailand sal veroorsaak.
Dat Hy meer arbeiders sal uitstuur om hierdie laaste taak te volbring.
Dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie en dat Hy ook die Christene in Laos sal beskerm en magtiglik gebruik.
Dat die Christene in Thailand ook met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig.
Dat die Heilige Gees mense op ons pad sal stuur en ons op mense se pad wat honger en dors na die waarheid.
Dat ons Jesus se hande, voete, mond en hart sal he met alle mense.
Vir wysheid en leiding om toetaal in Sy wil te wees en om gehoorsaam te wees vir enige nuwe seisoen.
Mag die Vader julle oorvloediglik seen in alle opsigte! Ons hou ook nie op om vir julle almal te bid en in te tree by die Vader nie. Wees verseker dat julle almal kosbaar is in ons lewens.
Baie liefde
Len en Jono